Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 408
Thursday, 14 March 2013 11:19

EUS Steeds 'n Gevaar

Written by 
Rate this item
(1 Vote)

Soos in 'n vorige uitgawe toegelig is die siekte 'EUS' (Epizootic Ulceritic Syndrome) baie gevaarlik aangesien dit maklik versprei en moeilik is om te beheer – tewens daar is tans geen beheermiddel nie. As dit eers in 'n dam or rivier is, is die hele bevolking vis in gevaar. Die enigste maatreël wat ons hengelaars kan toepas is om streng higiëne op ons gerei toe te pas. Dit is eintlik baie maklik – na elke sessie dompel die skepnet, hounet, weegsak – enigiets wat met die vis in aanraking gekom het, in 'n bad JIK water vir so tien minute. Dit sal al die kieme dood. Ook moet alle visse met verdagte sere beslis nie teruggeplaas word nie – dit is BAIE baie belangrik!
Robert Jackson, klubkaptein van die 'nKwazi Hengelklub berig dat hulle onlangs by Wilgedraai gaan hengel het toe hy 'n geelvis gevang het wat so 'n seer op die lyf gehad het. Die foto is met sy selfoon geneem so is nie heeltemal in fokus nie, maar die seer kan baie duidelik gesien word. Ook by hulle tuisoewer naby die Lethabo kragstasie het hy ook heelwat vis gevang met sulke sere. By navraag is aan hom vertel dat dit die gevolg van stres is wat deur oorbevolking veroorsaak is, en met 'n latere besoek het hy 12 vis gevang en nie een het so 'n seer gehad nie. Daar bestaan dus heelwat onduidelikheid oor die rede vir die sere op die visse se lyf, maar "liewer bang Jan as dooie Jan" – haal die vis met sere liewers uit. Ook is swartbaars in die Vaaldam gevang wat ook sere op die lyf het.
Dr Kevin Christison, 'n vis parasitoloog by die Department Landbou, Bosbou en Visserye in Kaapstad, wat eerste die siekte in Suid-Afrika gediagnoseer het, het die fotos gesien. Hy kry al hoe meer verslae van sulke visse en reken nou dat 'n volle ondersoek in die Vaalrivier sisteem nodig is. Intussen vra hy dat alle hengelaars die voorkomingstappe soos bo genoem streng toepas. Lesers word ook gevra om hul fotos van visse met sere op hul lyf na hom te e-pos. Die adres is: KevinCH@nda.agric.za

Read 1465 times Last modified on Friday, 15 March 2013 11:32

An award-winning angling journalist, Eugene has seen The Bank Angler magazine grow from a quarterly to a monthly publication with an accredited ABC rating. He brings a wealth of angling journalism experience to produce angling publications of an international standard.